r8737
Het jy gehoor?

‘n Geur vir ‘n ware heer

Die akteur Matthew McConaughey is soos met Dolce & Gabbana The One wat in2008 vrygestel is, weer die gesig van hierdie nuwe geur wat na patsjoelie, vanielje, peper en pomelo ruik.

Matthew vertel wat hy van die parfuum dink:

Waaraan dink jy as jy The One Gentleman ruik?

Aan iets elegants, intiem en glad nie oordadig nie.

Hoe sou jy The One Gentleman in drie woorde beskryf?

Sterk, bedagsaam, selfversekerd.

Wat is ‘n ware heer in jou oë?

Ek dink dis belangrik om beleefd te wees en mense met respek te behandel. Dit kom uit respek vir jouself en bedagsaamheid vir ander mense.

Hoe bly jy fiks?

Ek geniet dit om aan verskillende sportsoorte deel te neem en my gesondheid dop te hou, maar ek verkies om goed te voel eerder as om net spiere te bou vir geen rede nie.

Hoe sou jy jou persoonlike styl beskryf?

Ek hou daarvan om gemaklike klere te dra en ek het beslis ‘n persoonlike stempel: prakties en stylvol. Ek kan maklik oorskakel van ‘n boardshort op die strand na ‘n mooi aandpak.