Het jy gehoor?

‘n Natuurlike keuse

Sy is bekend vir haar rolle in Iron Man, Talladega Nights en The Skulls.

Leslie bemark op die oomblik Almay se nuwe Pure Blends-grimeerreeks waarvan 95% (of meer) natuurlike bestanddele is. Hierdie groenreeks bestaan uit verskeie skakerings onderlae, poeiers, blossers, oogskadu’s en lipglanse.

Dis ook nie net Leslie se keuse in grimering wat groen is nie – sy ry ‘n hibriede motor, herwin waar sy kan, ondersteun plaaslike boerderye én sorg dat al haar kos organies is!

■ Lees meer oor Almay se Pure Blends-reeks óf gesels self met Leslie op haar blog.