FOTO: Elizabeth Arden

FOTO: Elizabeth Arden

Het jy gehoor?

’n Splinternuwe gesig vir bekende skoonheidshuis

Die bekende skoonheidshuis Elizabeth Arden het pas aangekondig dat die supermodel Karlina Caune hul splinternuwe internasionale gesig is.

“Die moderne Elizabeth Arden-vrou is ’n passievolle, multikulturele individu wat ’n aktiewe, professionele leefstyl nastreef,” sê Scott Beattie, internasionale hoof van Elizabeth Arden. En dis presies wat dié ikoniese skoonheidshuis in Karlina gevind het.

karlinacaune

FOTO: Instagram (@karlinacaune)

 

Skoonheidgeskenke te kies en keur – lees meer hiér!

Die 20-jarige Letlandse (Latvian) skoonheid het al in advertensieveldtogte vir mode- en skoonheidshuise soos Giorgio Armani, M.A.C en Givenchy verskyn. Sy was ook in 2010 die wenner van die Ford Supermodel of the World-wedstryd.

 

“Elizabeth Arden was ’n vrou wat haar tyd ver vooruit was en haar filosofie om vroue se natuurlike skoonheid te omhels is inspirerend,” het Karlina oor die gelyknamige stigter van die skoonheidshuis gesê.

Só kry Behati Prinsloo haar supermodel lyf

Het jy geweet?

Karlina hou nie net haar lyf model nie – sy wil ook graag in haar tuisland se weermag dien, berig www.vogue.com! Sy het op 16 by ’n Letlandse militêre opleidingsprogram vir die jeug aangesluit waar sy onder meer geleer het hoe om te marsjeer en hindernisbane te voltooi.

Canine Cuisine – Behoeftige brakkies word supermodelbrakke