FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Nóg een van die ‘vreemde’ rokke op die rooi tapyt

Eers het Keira Knightley dié soort rok gedra, en nou Blake Lively. Wat dink jy daarvan?

Keira en Blake is albei oogappels van Karl Lagerfeld, ontwerper van Chanel, wat dié twee rokke vir rooitapyt-geleenthede geskep het. Die rokke skep die illusie van ’n baie dun middel.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Blake Lively dra Chanel by die Cannes-filmfees FOTO: Gallo Images / Getty Images

Eers het Keira (foto onder) in Maart vanjaar so ’n rok gedra, en Kristen Stewart het dit ook vroeër vanjaar gedra. Nou het Blake (foto bo) dit ook gister by die Cannes-filmfees gedra.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Modewêreld verdeel

Maar dié rokke het die modewêreld verdeel. Sommige mense is mal daaroor, ander meen dit is absurd en skep die verkeerde beeld van hoe die “perfekte vroulike figuur” lyk.

Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur sê

Ek dink nie dié rokke skep die verkeerde idee van die vroulike figuur nie. Dit is bloot ’n interessante ontwerp, en ontwerpers sal altyd iets nuuts en anders ontwerp – dít is juis wat die modewêreld so interessant maak!

As ek kyk na die bekendes wat dit reeds gedra het, is Keira en Kristen my gunstelinge. Ek is nie mal oor Blake se rok nie. Dié rok werk vir my beter met ’n bostuk wat meer stemmig is.

Wat dink jy daarvan? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!