FOTO Instagram / @katehudson

Het jy gehoor?

Nóg ’n aktrise skeer al haar hare af!

Die aktrise Kate Hudson het nou óók haar mooi blonde lokke afgeskeer. Aanhangers was gister onkant gevang toe sy ’n foto van haar met ’n byna kaalgeskeerde kop op Instagram deel. Dit lyk of sy dit vir ’n nuwe rol gedoen het.

Voor

Freedom Compliments of @siathisisacting #OurBeautifulDirector

A post shared by Kate Hudson (@katehudson) on

Deesdae skeer een ná die ander Hollywood-bekende hul hare kort af. Die Twilight-aktrise Kristen Stewart was eerste toe sy vroeër vanjaar met ’n blonde, byna kaalgeskeerde kop (buzz cut) op die rooi tapyt verskyn het. Kort daarna het die Big Little Lies-aktrise Zoë Kravitz ’n foto op Instagram gedeel waar sy ook met ’n nuwe kortgeskeerde blonde kapsel spog. Die popsanger Katy Perry het daarna ook háár nuwe kort blonde hare sommer heeltemal afgesny. Lê daar dalk ’n dieper rede daaragter?

Zoë Kravitz

When you’re in Rome and you’re like … hey what’s that ? …… aaaaaand it’s a dead pigeon

A post shared by Zoë Kravitz (@zoeisabellakravitz) on

Katy Perry

Wat dink jy?

Hou jy van dié nuwe haargier?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Nuwe trend vir voller lippe

5 truuks vir parfuum wat heeldag hou