FOTO: Instagram (@laurenconrad)

FOTO: Instagram (@laurenconrad)

Het jy gehoor?

Nóg ’n nuwe haarmode: Die wob

Eers was dié haarstyl om te hê die bob, toe die lob (long bob) en nou is daar nóg ’n nuwe weergawe – die sogenaamde wob (wavy bob)! Hou die komende vakansie jou haarstyl gemaklik en sjiek met sagte golwe.

Die bob is al heeljaar gewild en dit lyk ook nie asof dié gemaklike kort haarstyl sommer gou uit die mode gaan wees nie. Omdat daar so baie weergawes van dié snit is, pas dit by enige gesigvorm en geleentheid. Die styl is ook maklik om te stileer en in stand te hou.

Taylor Swift met haar kenmerkende wob

Me and @odeyarush1 and the sunset making my hair look red. photo credit: @jaime_king

A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

 

Die sangeres Taylor Swift se golwende wob is al kenmerkend van haar en ander bekendes soos Lily Collins, Nicole Richie en Lauren Conrad word ook deesdae met dié kapsel gesien.

Lees hiér hoekom die bob klassiek en altyd in die mode is

Kry só die voorkoms

1. Wend ’n produk aan wat jou hare teen hitte beskerm, asook ’n produk wat jou hare volume gee nadat jy dit gewas het en blaas dit droog.

2. Gebruik ’n krultang of haaryster om klein stringe van jou hare liggies te krul – hiér wys ons jou stap vir stap hoe. Krul net die boonste hare vir ’n strand-voorkoms of krul die onderste dele van jou hare ook vir meer volume.

Wenk: As jy dik hare het, is dit beter om jou hare eers in twee dele te verdeel – bo en onder – en dan eers die onderste helfte te krul en daarna die boonste helfte.

3. Trek ná jy al jou hare gekrul het jou vingers liggies deur jou hare om die golwe losser te maak.

4. Spuit ’n soutsproei aan om ekstra tekstuur en volume aan jou hare te gee. As jy dik hare het, kan jy ook ’n haarsproei aanspuit om jou golwe langer te laat hou.

Probeer ook die vintage-vingerkrul – lees meer!

Probeer dié produkte

  1. Trevor Sorbie Curls & Waves Shampoo and Conditioner (R100 elk)
  2. Lee Stafford Here Come The Curls Creme Lite (R95). By Clicks
  3. ghd Style Curl Hold Spray (R195). By uitsoeksalonne
  4. TRESemmé Heat Defence Styling Spray (R70)
  5. Schwarzkopf Professional, OSiS+ Session Label Salt Spray (R230). By uitsoeksalonne

Só kan jy jou liefdesfoto op Times Square in New York laat pronk!