Het jy gehoor?

Nou kan jy óók “belaglik-mooi” wees

Wêreldwyd is die opwinding groot vir die bekendstelling van die nuwe komedie, Zoolander 2, wat 11 Maart in Suid-Afrikaanse teaters begin draai. Die fliek se ikoniese hoofkarakter, Derek Zoolander (gespeel deur Ben Stiller), snoer nou kragte saam met die Amerikaanse velsorghuis, Kiehl’s vir ’n unieke en oordrewe tong-in-kies-advertensieveldtog. Danksy Kiehl’s en Derek kan jy nou óók “belaglik-mooi” wees!

Restaurantlys: Dís waar die SARIE-redaksie graag eet

Vroeër vandeesweek het die bekende filmkarakter en Kiehl’s ’n unieke, tydelike teenverouderingsentrum, The Derek Zoolander Center for People Who Don’t Age Good (of DZCFPWDAG) in New York geopen. “Belaglik-mooi” manlike modelle demonstreer die 6.5-stappe vir teenveroudering.

Elke (nogal vreemde) stap help jou glo om jeugdiger te lyk. Soos die Decontamination-stap, waar modelle in beskermende-oorpakke jou gesig met Kiehl’s produkte besproei. In die Youthful Scents-Ability-stap, kry jy nuwe lewe deur net aan ’n “jong”-geur te ruik. En in die Phalangeal Preservation-stap, word die jeugdigheid van jou hande benadruk. Om seker te maak die hele wêreld baat by Derek se roetine, kan jy die DZCFPWDAG-sentrum ook aanlyn besoek by TheDerekZoolanderCenterForPeopleWhoDontAgeGood.org.

Thanks for the filter #snapchat #reallyreallyridiculouslygoodlooking A photo posted by Derek Zoolander (@zoolander) on

Sjef Jamie Oliver open Johannesburg-restaurant!

Gelukkig kan Suid-Afrikaanse aanhangers ook na iets uitsien! Twee van Kiehl’s se ster-produkte, Midnight Recovery Concentrate en Daily Reviving Concentrate (R755 elk), gaan vanaf Maart in ‘n beperkte reeks Zoolander 2-verpakkings beskikbaar wees. Op die verpakkings spog Derek met sy kenmerkende Blue Steel-gesigsuitdrukking.

Kyk hiér na foto’s van The Derek Zoolander Center for People Who Don’t Age Good. Ons wens ons kon ook ’n besoek aflê…

FOTO: Verskaf deur Kiehl's - Craig Barritt/Getty Images for Kiehls

FOTO: Instagram (@kiehls)

FOTO: Instagram (@weworewhat)

FOTO: Verskaf deur Kiehl's - Gustavo Caballero/Getty Images for Kiehl’s

FOTO: Verskaf deur Kiehl's - Gustavo Caballero/Getty Images for Kiehl’s

FOTO: Verskaf deur Kiehl's - Gustavo Caballero/Getty Images for Kiehl’s

Kyk hiér na die skreeusnaakse-lokprent van Zoolander 2:

Ons kuier in adv. Thuli Madonsela se kantoor