Het jy gehoor?

Nuut vir hare

Kry sagkens kleur
SARIE se redakteur, Michélle van Breda, het die nuwe Inoa-behandeling op die proef gestel: “As jy jou hare kleur, kan jou kopvel maklik sensitief raak. Maar Inoa se haarkleure werk sag met jou vel. Ek is mal oor die wonderlike glans wat dit gee en my hare voel goed en lyk gesond. Dit bied ook baie goeie kleurbedekking.” (Michélle het tans ’n mengsel van twee Inoa-haarkleure: Ash Mahogany Brown en Brown. Soms gebruik sy ook die Light Brown.) *Inoa bevat geen ammoniak nie en is geurvry om sag met jou hare en kopvel te werk. Vra meer uit by jou haarkapper of besoek www.inoa.co.za vir nog inligting. Die behandeling kos tussen R400 en R1 200

Lindi Wehrle Van krul tot glad
Lindi Wehrle, projekbestuurder van SARIE se handelsmerkuitbreidings, het Carlton se Keratin Smoothing Complex van Coppola op die proef gestel: “Die behandeling bevat geen formaldehied nie. Dit werk sag met jou hare en bevat keratien wat die hare voed. Dit maak krulhare penreguit en kan 3 – 5 maande hou. Moenie die behandeling voor ’n belangrike geleentheid laat doen nie, want jy mag vir 3 dae daarna nie jou hare was nie. Daarna moet jy ’n sjampoe en opknapper gebruik wat sulfaatvry is.” *Die behandeling neem 2 – 3 uur. Lees meer by www.carltonhair.com en begroot vir sowat R1 200–R2 200. (Sjampoe en opknapper uitgesluit.)