FOTO'S: L'Oréal Paris & Escada

Het jy gehoor?

Nuutste skoonheidsgesigte!

Ons was baie opgewonde om te hoor dat twee van ons gunsteling-skoonheidshuise splinternuwe gesigte kry!

Die eerste nuweling is die aktrise Zoe Saldana wat nou deel is van die L’Oréal-familie. L’Oréal se internasionale handelsmerk-president, Cyril Chapuy, sê in ’n persverklaring dat Zoe se styl, waardes en selfvertroue ’n groot aantrekkingskrag vir dié skoonheidshuis was.

FOTO: L'Oréal Paris

FOTO: L’Oréal Paris

Het jy geweet?

  • Zoe se pa is Dominikaans en haar ma is van Puerto Rico.
  • Sy is ’n opgeleide ballerina en haar eerste rol was juis in die ballet-fliek Center Stage.
  • Zoe en die akteur Bradley Cooper het ’n aan-af-verhouding gehad van 2011 tot 2013.
  • Sy is verlede jaar in die geheim met die Italiaanse kunstenaar Marco Perego getroud.
  • Sy het al in groot flieks soos Avatar, Pirates of the Caribbean en Star Trek gespeel.
  • Die fliek Avatar, waarin sy die vroulike hoofrol vertolk, is die rolprent wat die meeste geld gemaak het in die geskiedenis van film.
  • Ander L’Oréal-gesigte sluit in Blake Lively, Julianne Moore, Eva Longoria, Ryan Reynolds en Jane Fonda.

Die modehuis Escada het ook vandeesweek ’n nuwe gesig aangekondig – die Australiese model Miranda Kerr. Dié skoonheid sal die gesig wees van hul nuutste parfuum, Escada Joyful, en sy sê in ’n persverklaring dat haar eie positiewe uitkyk op die lewe die perfekte pasmaat is vir die energie van die geur.

FOTO: Escada

FOTO: Escada

Het jy geweet?

  • Miranda is gebore in Sydney, Australië.
  • Sy is een van die modehuis vir fyn onderklere Victoria’s Secret se bekende Angels. Die gewilde Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel is óók deel van dié groep modelle.
  • Sy het haar eie reeks organiese velsorgprodukte, Kora Organics.
  • Miranda het begin modelwerk doen toe sy 13 was.
  • Sy was tot onlangs getroud met die akteur Orlando Bloom. Hulle het verlede jaar aangekondig dat hul paaie skei.
  • Sy en Orlando het saam ’n seun, die 3-jarige Flynn.
  • Haar grootste kenmerk is haar kuiltjies.
  • Miranda het in 2013 die tweede plek op Forbes se lys van hoogs betaalde modelle beklee.