FOTO: Dove

FOTO: Dove

Het jy gehoor?

Nuwe advertensie moedig positiewe skoonheidsnalatenskap aan

Navorsing wys jong meisies se selfbeeld word grootliks beïnvloed deur hoe hul rolmodelle oor hul eie skoonheid voel. Dit is hoekom die skoonheidshuis Dove vroue in hul nuwe advertensie aanmoedig om ’n positiewe nalatenskap oor skoonheid aan hul dogters oor te dra deur hul eie skoonheid raak te sien en te vier. Dove is bekend vir hul inspirerende advertensieveldtogte waarin vroue onder meer aangemoedig word om ’n gesonde selfbeeld te kweek. 

FOTO’s: Só lyk Bobby van Jaarsveld se kinders

“Of sy ’n ma, ’n tannie, onderwyser of ’n suster is, elke vrou het die geleentheid om ’n positiewe verskil aan ’n jong meisie se selfbeeld te maak,” sê Kate Swan, bermarkingsbestuurder van Dove South Africa, in ’n persverklaring.

Every woman has the opportunity to make a difference to the next generation. http://bit.ly/BeautyLegacyDove’s…

Posted by Dove on Day o’ the Moon, Arrrrgust 3, 2015

Gewilde aanlyn speletjie het nou eie parfuum – lees meer!

In die advertensie is ma’s en hul jong dogters gevra om elkeen twee lysies te maak: op die een het hulle die eienskappe van hul voorkoms waarvan hulle nie hou nie geskryf en op die ander lysie die eienskappe waarvan hulle wel hou. Die ooreenkoms tussen die ma’s en hul dogters se lysies was opvallend. Só beeld Dove die invloed wat ’n ma op haar dogter se idee van skoonheid het uit.

Kyk die advertensie hiér

Só kweek Kate Winslet haar dogter se goeie selfbeeld