mood begroting lees nou
Het jy gehoor?

Nuwe app gee velsorgraad + nóg skoonheid-apps om te probeer

Deesdae is daar ’n app vir byna alles…  ook vir velsorg! Die velsorghuis Nimue het pas hul eie slimfoon-app bekend gestel waarmee aanhangers onder meer spesiale produkaanbevelings, velsorgwenke en raad vir hul velsorgroetine kan kry.

Probeer ook dié twee apps vir mooi foto’s!

Wanneer jy die Nimue Skin Health-app vir die eerste keer gebruik, beantwoord jy eers ’n paar eenvoudige vrae oor jou velsorgroetine en die toestand van jou vel. Die app identifiseer dan jou veltipe en jou grootste velsorgbehoeftes voordat dit ’n verskeidenheid Nimue-produkte en behandelings spesiaal vir jóú vel aanbeveel. Daarby laat die app jou toe om dagboek te hou van jou vel se gesondheid, voor- en ná-foto’s te neem en selfs jou wenke en velsorgstories met Nimue-velsorgterapeute en –gebruikers te deel.

skoonheid app nimue

VIDEO: Panda geniet die sneeu!

Nóg skoonheid-apps om te probeer

L’Oréal Makup Genius

Dié slim app skandeer eers jou gesig, waarna jy met die druk van ’n knoppie oogomlyners, oogskadu’s, blossers, lipstiffies en lipglanse in ’n magdom skakerings kan “aanpas”. Boonop kan jy met die app enige L’Oréal-produk se strepieskode skandeer, aanpas en selfs koop.

Plum Perfect

As jy soms onseker is oor watter grimeerskakerings die beste by jou gelaats- en oogkleur pas, is dié app ideaal vir jou. Jy neem ’n foto van jouself met jou toestel waarna die app jou gelaats-, oog- en haarkleur analiseer. Die app beveel dan die skakerings lipstiffie, oogskadu, blosser, oogomlyner en onderlaag wat die beste by jou pas aan en gee ook idees van grimeerkombinasies en voorkomste om te probeer.

Hair Color Studio by Modiface

Blond, bruin, grys of selfs blou! Met dié app kan jy kyk hoe jy met verskillende haarkleurskakerings gaan lyk voordat jy die haarsalon besoek. Die skakerings vertoon baie akkuraat op jou hare en kan helderder, blinker of sagter gestel word. Hoewel die app verniet is om af te laai, kan jy net ’n paar skakerings gratis uittoets. As jy meer kleure wil probeer, moet jy betaal om die app op te gradeer.

skoonheid appFacial Massage

’n Gesigmassering stimuleer die spiere in jou gesig en help om bloedsomloop aan te wakker vir ’n helderder en jeugdiger voorkoms. Dié interessante app bevat ’n verskeidenheid kort video’s en instruksies met foto’s wat jou stap vir stap wys hoe en waar om vir jouself ’n gesigmassering te gee. Kies tussen ’n teenverouderingsmassering, oogmassering of ’n gesigmassering wat help om jou vel plomp en ferm te laat lyk. Jy kan ook spesifiseer of jy die massering in die oggend of in die aand doen. (Facial Massage is net beskikbaar op Apple iStore.)

skoonheid app

Laai al die apps gratis af op Apple iStore vir jou iPhone-slimfoon of op Google Play Store vir jou Android-slimfoon.

Gaga se transformasie: Van vleispakkie tot Hollywood-glans