Het jy gehoor?

Nuwe boek vertel stigter van bekende salongroep se storie

Die stigter van die bekende Suid-Afrikaanse salongroep Sorbet, Ian Fuhr, het onlangs ’n boek bekendgestel waarin hy onder meer van sy pad met die Sorbet-handelsnaam vertel.

In sy splinternuwe boek, Get That Feeling: The Story of a Serial Entrepreneur (Penguin Books South Africa, R240), vertel dié entrepreneur van sy talle besigheidsavonture, asook die storie van die Sorbet-handelsnaam se ontstaan tot waar dit vandag SA se grootste skoonheidskettinggroep is. Ian deel ook sy sakekennis en wenke vir handelsnaamsukses wat hy oor die jare opgedoen het op ’n logiese en eerlike wyse met behulp van onder meer e-posboodskappe, belangrike sakelesse wat puntsgewys gelys word en die gebruik van verskeie diagramme. Dít maak Get That Feeling die perfekte leesstof as jou belangstellings in die sake- en skoonheidswêreld lê.

Ian Fuhr - Get That Feeling LR

Get That Feeling deur Ian Fuhr (R240)

Lees hiér ’n uittreksel uit Leandie du Randt se boek Gemaklik in jou eie lyf

Die eerste Sorbet-salon se deure het in 2005 oopgemaak. In 2013 ondergaan die Sorbet-salonne ’n gedaanteverwisseling en vandag spog die handelsnaam met meer as 100 salonne landwyd.

Spesiale soetgebak vir skoonheidshuis – lees meer!