FOTO: M.A.C

FOTO: M.A.C

Het jy gehoor?

Nuwe fliek inspireer grimeerreeks

Die Disney-film Maleficent, wat môre in teaters begin draai, is die inspirasie vir ’n splinternuwe grimeerreeks van die skoonheidshuis M.A.C.

Hul Maleficent-reeks bestaan onder meer uit lipprodukte in helderrooi skakerings en ’n oogskadu-palet, oogomlyners, ’n blosser, en ’n verbronser in donker sensuele kleure – eie aan die misterieuse gevoel van dié rolprent. Die naellak is beskikbaar in swart, rooi en neutrale kleure.

Angelina vertel van haar Maleficent-karakter

Foto: M.A.C

Foto: M.A.C

 

Maleficent verklap die storie agter Disney se gelyknamige superfeeks, wat deur Angelina Jolie gespeel word. Dit vertel van die gebeure wat daartoe gelei het dat dié heks se hart hard geword het en waarom sy die Slapende Skoonheid, gespeel deur Elle Fanning, vervloek.

 

 

 

Lees oor Brad en Angelina se trouplanne!

M.A.C se Maleficent-reeks is vir ’n beperkte tyd by M.A.C in Johannesburg beskikbaar. Pryse wissel tussen R140 en R410.

Het jy geweet?

Suid-Afrika se eie Sharlto Copley (wat die hoofrol in District 9 vertolk het) speel teenoor Angelina Jolie as die Slapende Skoonheid se pa. Angelina en Brad Pitt se dogter Vivienne speel die rol van die jong Slapende Skoonheid.

Kyk hier na die lokprent vir Maleficent.