FOTO: Instagram (@vaselinebrand)

FOTO: Instagram (@vaselinebrand)

Het jy gehoor?

Nuwe gerieflike groottes vir bekende bevogtiger + 5 wenke om dié produk te gebruik

Die handelsmerk Vaseline se geliefkoosde Blue Seal-petroleumjellie is nou beskikbaar in twee splinternuwe gerieflike groottes – ’n sakpas 10 ml-potjie om daagliks in jou handsak te gooi en ’n groot 450 ml-pot perfek vir die hele gesin.

Neem só pragfoto’s met jou slimfoon

“A night spent in with a good friend and a movie is a match made in heaven. This is #MyMiniMoment.”

A photo posted by Vaseline US (@vaselinebrand) on

Dié bekende “wonder”-jellie is reeds in 1980 ontdek en ondergaan sedertdien ’n drievoudige suiweringsproses om te verseker dat alle onsuiwerhede en borrels verwyder word vir ’n sysagte tekstuur. Danksy dié tekstuur bied petroleumjellie uitstekende bevogtiging vir jou vel deur die natuurlike olielagie aan te vul en vog in te seël.

Het jy geweet?

Vaseline is Suid-Afrika se voorste velsorghandelsnaam! Navorsing het getoon dat een Vaseline-produk elke sekonde in SA verkoop word – volgens ’n persverklaring.

Vaseline se Blue Seal Petroleum Jelly in 450 ml (R45) en 10 ml (R5), asook drie ander groottes, is tans landwyd beskikbaar.

Vaseline Blue Seal Petroleum Jelly is nou ook beskikbaar in 450 ml (R50) en 10 ml (R5)

Vaseline Blue Seal Petroleum Jelly is nou ook beskikbaar in verpakking van 450 ml (R50) en 10 ml (R5)

Bobby van Jaarsveld ‘rap’ die Leeuloop in Engels

Vaseline deel 5 maniere om hul petroleumjellie te gebruik

  1. Wend ’n tikkie petroleumjellie aan deurmekaar wenkbroue om hulle te tem en in plek te hou.
  2. As jy nie ’n kutikel-olie het nie, kan jy saans petroleumjellie op jou naelkutikels aanwend om dit sag en gesond te hou.
  3. Meng ’n halwe teelepel suiker met petroleumjellie vir ’n vinnige tuis-afskilferaar vir jou lippe.
  4. Wend ’n tikkie petroleumjellie met jou vingerpunte net bo jou wangbene aan as ’n verligter.
  5. Meng ’n bietjie petroleumjellie met pienk lipstiffie en wend dit op die appels van jou wange as blosser aan.

Ons toets: Gesigbehandeling vir stralende vel