FOTO: Instagram (@esteelauder)

FOTO: Instagram (@esteelauder)

Het jy gehoor?

Nuwe gesig én velsorgreeks vir bekende skoonheidshuis

Die bekende skoonheidshuis Estée Lauder het onlangs die skoonheidswêreld verras toe hulle die aktrise Eva Mendes as die gesig van hul splinternuwe velsorgreeks, New Dimension, aangekondig het.

Die koninklike baba is gebore!

Die Estée Lauder New Dimension-velsorgreeks, wat later vanjaar bekend gestel word, is geformuleer om meer definisie aan jou vel te gee deur jou veltekstuur egalig, ferm en plomper te laat voorkom. Die 41-jarige aktrise is gekies as die gesig vir dié nuwe reeks omdat sy “terselfdertyd inspirerend en eg” is, sê Jane Hertzmark Hudis, globale handelsmerkbesuurder van Estée Lauder.

Janina Oberholzer se trouvideo – kyk hiér!

In ’n onderhoud met die skoonheidshuis het Eva vertel dat ’n skoonheidsroetine en ritueel vir haar soos huis voel, veral wanneer sy reis. “Dit anker my, maak nie saak waar ek is nie.” Sy is opgewonde om die New Dimension-velsorgreeks te verteenwoordig en word geïnspireer deur “die krag wat ons as vroue het om beheer te neem en ons eie skoonheid te omskep”.

Het jy geweet?

  • Eva het maar net sewe maande gelede die lewe geskenk aan haar eerste kind by haar akteurskêrel, Ryan Gosling – ’n dogtertjie genaamd Esmerelda.
  • Sy is bekend vir haar rolle in die flieks Training Day, Hitch en 2 Fast 2 Furious.
  • Sy is op haar gelukkigste wanneer sy ’n “deep dish pizza” (’n pizza wat soos ’n tert in ’n pan gebak word) kan eet en laat kan slaap.

Besoek www.esteelauder.com om meer oor die onderhoud met Eva te lees.

Nicholis Louw se baba kort ’n naam, en jy kan dit kies!