FOTO: Estée Lauder

FOTO: Estée Lauder

Het jy gehoor?

Nuwe gesig van bekende skoonheidshuis: “Dit was nog altyd my ma se droom!”

Haar ma het altyd voorspel dat sy die gesig van haar gunsteling-skoonheidshuis sou wees. En eindelik is dié droom verwesenlik! Die supermodel Stephanie Seymour, bekend in die laat-80’s en 90’s, is pas aangekondig as die nuwe gesig van Estée Lauder.

* Esteé Lauder-produkte nou aanlyn beskikbaar

Sy het al op talle voorblaaie van tydskrifte soos Vogue, GQ, Elle, Harper’s Bazaar, Cosmopolitan  en Interview verskyn.

Stephanie stel vir jare al belang in skoonheid en het selfs in 1998 ’n boek, Stephanie Seymour’s Beauty Secrets for Dummies, geskryf.

* Parfumeur oor nuutste Estée Lauder-skepping, Modern Muse

Ander gesigte van dié skoonheidshuis sluit in Carolyn Murphy, Arizona Muse, Constance Jablonski and Joan Smalls.

Vinnige feite oor Stephanie:

  • Sy is gebore op 23 Julie 1968 in San Diego, Kalifornië.
  • Stephanie was vir 6 jaar ‘n Victoria’s Secret-model vanaf 1993 tot 1999.
  • Sy is ’n volle 1.78m lank!
  • Sy was op die heel eerste voorblad van die Amerikaanse skoonheidstydskrif, Allure.
  • In 2000 is sy deur die Amerikaanse-weergawe van die tydskrif FHM aangewys as een van die 100 sexyste vroue ter wêreld.
  • Stephanie het al op die kassie verskyn in ’n episode van die gewilde dramareeks, Law & Order: Criminal Intent.
  • Haar bekendste verhouding was met dié van Axl Rose, die sanger van die gewilde rock-groep Guns N’ Roses. Sy het ook in twee musiekvideos vir dié groep verskyn, November Rain en Don’t Cry.
  • Sy is tans getroud met die biljoenêr Peter Brant. Hul het drie kinders saam: Peter II, Harry en Lily Margaret.

BRONNE: www.imdb.com, www.wikipedia.org