FOTO: Instagram (@iansomerhalder)

Het jy gehoor?

Nuwe gesig vir mansparfuum

Sy aanhangers ken hom as die sexy vampier Damon Salvatore in die gewilde televisiereeks The Vampire Diaries. En nou is die akteur Ian Somerhalder ook die gesig van die mansparfuum Azzaro Pour Homme!

Ian het sy eerste advertensie vir dié speseryagtige geur (met note soos salie, basiliekruid, anys en kardemom) op sy Instagram en Twitter gedeel:

FOTO: Instagram (@iansomerhalder)

FOTO: Instagram (@iansomerhalder)

FOTO: Twitter (@iansomerhalder)

FOTO: Twitter (@iansomerhalder)

Azzaro het agter-die-skerms-foto’s op húl Instagram gedeel:

FOTO: Instagram (@azzaro_official)

FOTO: Instagram (@azzaro_official)

FOTO: Instagram (@azzaro_official)

FOTO: Instagram (@azzaro_official)

Kyk op Azzaro se Instagram-blad vir nóg agter-die-skerms-foto’s

Azzaro Pour Homme is in 1978 ontwikkel en die sanger Enrique Iglesias was óók al die gesig van dié parfuum.

Kyk hier na die advertensie van Ian met sy medester, die Brasiliaanse-model Ana Beatriz Barros:

Oor Ian:

  • Hy is op 8 Desember 1978 gebore en is 35 jaar oud.
  • Ian het bekend geword vir sy rol as Boone Carlyle in die gewilde televisiereeks Lost.
  • Sy sterstatus het die hoogtes ingeskiet toe hy die rol van die vampier Damon Salvatore losgeslaan het in The Vampire Diaries.
  • Hy en sy Vampire Diaries-medester, Nina Dobrev, het vir twee jaar ’n aan-af-verhouding gehad, maar is nou finaal uitmekaar.
  • Ian was een van die gunstelinge om Christian Grey te speel in die fliek-weergawe van die Fifty Shades of Grey-boeke. Die Britse model en akteur Jamie Dornan het die rol gekry.