FOTO: Instagram (@mixedmakeup)

FOTO: Instagram (@mixedmakeup)

Het jy gehoor?

Bekende skoene inspireer nou ook nuwe lipstiffiereeks

Skaars ’n jaar nadat die Franse skoenontwerper Christian Louboutin ’n naellakreeks geïnspireer deur sy bekende hakskoene met rooi sole bekend gestel het, kan aanhangers nou ook uitsien na ’n luukse lipstiffiereeks! En nes sy skoene beloof dié lipstiffies om unieke versamelstukke te wees.

Kry só rooi lippe wat ingeleef en sjiek lyk

Die splinternuwe Louboutin-lipstiffiereeks, wat in September internasionaal te kry is, bestaan uit 38 skakerings in ’n deursigtige, satyn- of mat-afwerking en spog met name soos Rose du Desert (’n ligte roos-skakering), Mexicatchy (’n koraalpienk skakering) en die ikoniese rooi skakering van sy skoene se sole, Rouge Louboutin (helderrooi).

Dis egter die reeks se swierige verpakking wat die koppe behoorlik laat draai. Elke lipstiffie kom in ’n swart of goue skerppunt-buisie, versier met Art Deco-patrone. Boonop het die kroonvormige doppies ook ’n lintjie aan sodat die lipstiffies as ’n versiering om jou nek gehang kan word.

50 skakerings van lipstiffies + raai wat is Johannesburg se gunsteling-kleur

“Ons lippe is ’n toonbeeld van sensualiteit en ons manier van kommunikeer. ’n Objek wat jou lippe versier, moet daarom merkwaardig wees. Dit moet inspireer en gekoester word,” het die ontwerper oor sy reeks lipstiffies gesê, berig www.vogue.co.uk.

Hoewel ons dié lipstiffies nie gou in SA sal sien nie, sal só ’n lipstiffie jou sowat R1 150 ($90) uit die sak jaag.

FOTO’s: Kendall Jenner spog met haar eie lipstiffie!

Bronne: www.vogue.co.uk, www.newbeauty.com, www.marieclaire.co.uk