ysl fusion foundation cara delevingne
Het jy gehoor?

Nuwe onderlaag gebruik ruimte-tegnologie

Die Franse mode- en skoonheidshuis Yves Saint Laurent stel binnekort ’n splinternuwe onderlaag bekend wat glo ruimte-tegnologie inspan. En met duisende Britte wat reeds hul name op ’n waglys gesit het én supermodel Cara Delevingne as die gesig, behoort die onderlaag gróót te wees!

Volgens YSL sal die nuwe YSL Fusion Ink Foundation jou vel ’n mat-afwerking gee wat tot 24 uur hou. Dís danksy ’n mikroskopiese stof met lipofiel-eienskappe (dit trek vet aan) wat gebruik word om stofpartikels in die ruimte vas te vang. Dié unieke bestanddeel sorg dat vog en olierigheid op jou vel geabsorbeer word vir ’n perfekte gelaat in enige weersomstandighede. Daarby het die doppie van die onderlaag ’n spesiale aanwendingspuntjie, ontwerp om te verseker jy gebruik nooit te veel of te min van die produk nie.

YSL Fusion Ink Foundation

YSL Fusion Ink Foundation

BB, CC of onderlaag? Kies reg vir jou vel – lees meer!

 

Sedert die waglys vir dié buitengewone onderlaag by YSL-toonbanke in Brittanje op 1 Julie oopgemaak het, het 12 000 vroue hul naam op die lys gesit. YSL Fusion Ink Foundation is van 10 Augustus beskikbaar. Hopelik hoef ons in SA nie in dié lang ry te staan nie.

Supermodel Cara Delevingne in 'n promosiefoto vir die YSL Fusion Ink Foundation

Supermodel Cara Delevingne in ‘n promosiefoto vir die YSL Fusion Ink Foundation

Pragtige mode-fliek met Cara Delevingne