Het jy gehoor?

Nuwe parfuums aanlyn & ‘n klik weg

Valentina Assoluto Eau de Parfum R1,120

www.redsquare.co.za is die aanlyn-weergawe van hierdie gelyknamige winkel. Hier klik en koop jy na hartelus en jou gunsteling-kopies word by jou deur afgelewer. Saam met elke bestelling kan jy tot en met drie produkte kies om uit te toets. Die klein toetsproduk (sample) word dan gratis saam met jou bestelling afgelewer.

L’eau d’issey Absolute Parfum /// Opium Vapeurs De Parfum Eau de Toilette

Jimmy Choo Flash Eau de Parfum /// Nude by Rihanna Eau de Parfum

Lanvin Me Eau de Parfum /// Dolce & Gabbana Pour Femme Eau de Parfum

Goeie nuus!

Bestellings van R350 of meer word gratis afgelewer, andersins betaal jy ‘n standaard-afleweringsfooi van R45. Jy betaal vir jou aankope met jou kredietkaart of Thank U-rekeningkaart van Edgars, Jet, Boardmans of Legit. Bestellings word binne 2 tot 7 werksdae afgelewer en jy kan enige van die produkte na jou naaste Red Square-winkel terugneem as jy nie gelukkig is nie. Onthou ook om op die nuusbrief in te teken sodat jy op hoogte bly van al die opwindende nuus!