Het jy gehoor?

Nuwe produkte beskikbaar in SA!

Meer as 10 splinternuwe skoonheidsprodukte is vanjaar vir die eerste keer in SA te kry! Hier is meer oor wat jy van sommige van dié produkte moet weet.

Greenland

Dié organiese lyfsorgprodukte (foto bo) van Nederland bestaan uit lyfrome, lyfbotters, stortjels, lyfskroppe, handerome en selfs lipsalf wat van natuurlike botters en olies en ekstrakte van vrugte soos granaat, papaja, mango en kokosneut gemaak word. Koop dit by uitsoekwinkels van Edgars.

Kings & Queens

Die wêreld se antieke koninklikes en hul gunsteling-kruie en -speserye was die inspirasie agter dié reeks wat onder meer bestaan uit lyfprodukte, kerse en seep in ‘n verskeidenheid van geure soos King of Sumatra Pepper Bergamot, Aztec King Vanilla Pear, Sultan of Granada Lemon Flower en Emperor Akbar Mango.

Dié produkte bevat nie minerale olies en sintetiese chemiese stowwe (parabens) nie. Beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars.

Ons toets Kings & Queens

Korres

Charlize Theron, Angelina Jolie, David Beckham en Woody Allen is onder die bekendes wat dié Griekse skoonheidsprodukte gebruik. Die apteker George Korres en sy vrou, Lena, het die reeks in 1996 in Athene se eerste homeopatiese apteek begin. Vandag kan jy grimering, naellak en velsorgprodukte by een van meer as 30 Korres-toonbanke in die wêreld koop! Vanaf November beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars.

Korres

Radical Skincare

Radical SkincareDie susters Liz en Rachel Edlich het hul velsorgreeks sonder sintetiese chemiese stowwe (parabens) vir alle veltipes ontwikkel. Dit bestaan uit nege verskillende produkte, waaronder serum, vogroom, gesigwas, oogroom en ’n gesigmasker. Eva Longoria, Jane Fonda, Demi Moore en Kate Hudson het al van Radical Skincare se produkte gebruik.

 

 

 

 

Rachel Edlich gesels oor dié reeks en gee velsorgraad

SAMPAR

SAMPARDie Fransman Patrick Sounigo het SAMPAR-velsorgprodukte ná meer as 20 jaar se navorsing ontwikkel. Hierdie produkte bevat galambotter-serum, probiotiese suiker en ment-endorfiene om die stadslewe se negatiewe effek op jou vel ­– soos vaalheid, sensitiwiteit en dehidrasie – te beveg. SAMPAR is beskikbaar in meer as 295 winkels in Frankryk, Europa, Asië, Amerika en Suid-Afrika. Kies tussen SAMPAR se Essentials-, Cosmakeup-, Pure Perfection-, City of Light-, Age Antidote- en Winsome Body- en Age Antidote-reekse.

Nuut in SA: parfuum van jou gunsteling-reekse op televisie

Be Beautiful Glamour Collection

Be BeautifulDié nuwe grimeerreeks is vanaf die einde van Oktober beskikbaar by Clicks. Dit bestaan onder meer uit helder- kleurige oogskadu’s, naellak, lipglans, oogomlyner, maskara, lipstiffie en blosser.

Madame Zingara

Jy kan nou die gewilde sirkusvermaak van Madame Zingara ook geniet in kleurryke kosmetiese produkte, haarbykomstighede, naelstelletjies, badsakkies en bad- en lyfgeskenkpakke. Toets die grimering in skakerings van brons, steenkool en helder, blink kleure of probeer ’n spesiale pen om kuns op jou naels te skep! Vanaf die einde van Oktober beskikbaar by Clicks, die Bijoux Boutique by die Theatre of Dreams en die winkel This is not a Post Office in Kloofstraat, Kaapstad.

CARGO Cosmetics

Hana Zalzal van Kanada het CARGO in 1996 begin sodat gewone vroue ook professionele grimering kan gebruik. Hul unieke grimering sluit ’n Reverse Lip Liner™ en ’n spesiale oogpalet in.

CargoCARGO Cosmetics se blosser, lipglans, onderlaag, oogskadu, lipstiffie en oogskadu is reeds by uitsoektakke van Clicks beskikbaar.

Nip + Fab

Nip & FabDié nuwe vel- en lyfsorgprodukte vir vroue én mans is ontwikkel om jou vel glad en te laat lyk en bestaan uit onder meer oog- en vogrome, gesigreinigers, afskilferaars. Beskikbaar by uitsoekwinkels van Clicks.