FOTO: VOGUE via Twitter @DailyMailCeleb

Het jy gehoor?

Nuwe skoonheidstendens: Speelse sproete

Grimering wat natuurlik lyk is dié seisoen ’n groot skoonheidstendens. Die bekende ontwerper Marc Jacobs het selfs sy modelle tydens ’n onlangse modevertoning sonder ’n tikkie grimering op die loopplank laat verskyn (lees daarvan hiér). Nou raak dit ook al hoe meer gewild om jou sproete te beklemtoon. Kyk maar net na Taylor Swift wat met speelse sproet-wange op die voorblad van die Britse Vogue se November-uitgawe pronk – en nie een is natuurlik nie!

Hoewel diegene wat met natuurlike sproete geseën is geneig is om dit te verbloem, is dié voorkoms perfek vir die komende somermaande. Dit laat jou gesig jeugdig en sonbruin lyk, sê die grimeerkunstenaar Val Garland wat Taylor se voorblad-voorkoms vir Vogue geskep het. “Ek het vyf verskillende wenkbrou-potlode gebruik en ligte sproete geteken op dié dele van haar gesig waar die son gereeld skyn.”

Taylor Swift op die voorblad van die November uitgawe van die Britse Vogue

Taylor Swift op die voorblad van die November-uitgawe van die Britse Vogue

Die natuurlike voorkoms van dié klein vlekkies, wat uit melanien bestaan (die pigment wat jou vel sonbruin laat voorkom), word deur jou gene bepaal en is gewoonlik meer sigbaar op ‘n ligte velkleur. Natuurlike sproete ontwikkel ook gewoonlik in jou kinderjare en verdof dan weer geleidelik soos wat jy ouer word.

Bekendes soos Lucy Lui, Emma Stone en Rashida Jones is nie skaam om hul natuurlike sproete te wys nie.

FOTO: Twitter (@iamrashidajones)

FOTO: Twitter (@iamrashidajones)

Hollywood-ster se dogter oor haar sproete – lees meer!

Skep só die illusie van natuurlike sproete:

  1. Wend onderlaag en blosser aan. Indien nodig, kan jy ook ’n verbronser en verligter aanwend.

  2. As jy reeds ligte sproete op jou gesig het, let op waar dit is sodat jy dié dele later kan beklemtoon. As jy nie natuurlike sproete het nie, let op die dele waar die son natuurlik op jou gesig sou val. Gewoonlik is dit op jou wangbene, voorkop en oor jou neus.

  3. Gebruik ’n bruin wenkbrou-potlood om klein kolletjies liggies oor jou gesig te teken. Maak seker die potlood is stomp sodat die kolletjies nie té presies en skerp lyk nie. Jou “sproete” hoef ook nie simmetries of dieselfde grootte te wees nie.

  4. Skakeer hier en daar van jou sproete om dit meer natuurlik te laat lyk. Wend dan ’n deursigtige poeier oor jou sproete aan om hulle heeldag te laat hou.

Bronne: Daily Mail, Vogue

Emma Stone se Vogue-voorblaaie – lees meer!