FOTO: Instagram (@kyliejenner)

FOTO: Instagram (@kyliejenner)

Het jy gehoor?

Nuwe tendens: 50 skakerings van grys hare!

Weg is die dae van lastige grys hare toekleur – deesdae is silwer-grys hare, of #grannyhair soos dit op Instagram genoem word, dié nuwe haarkleur om te hê!

Bekendes soos Lady Gaga, Kylie Jenner en Rihanna is al met dié kapsels gesien en nou begin al hoe meer jonger vroue hul hare verskillende skakerings van grys kleur.

Trevor Noah aanbieder op gewilde Amerikaanse program

Rihanna op die voorblad van die aanlyn-tydskrif Tush FOTO: Twitter (@rihanna)

Rihanna op die voorblad van die aanlyn-tydskrif Tush
FOTO: Twitter (@rihanna)

Eerste kykie: Arno Jordaan wys sy mooi gesin

As jy lus is om dié haarkleurtendens te probeer, komplementeer jou grys hare met ’n helder lipstiffie en dramatiese oogomlyner vir ‘n stylvolle en moderne voorkoms. As jy nie seker is of ’n grys haarkleur by jou gaan pas nie, kan jy begin deur eers net die punte van jou hare in liggrys en silwer skakerings te kleur soos die Britse model en TV-aanbieder Lilah Parsons.

Wat dink jý van die nuwe gryshaar-tendens? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Ons toets: Oogjel vir vars en jonger oë