FOTO: Instagram (@nicolerichie)

Het jy gehoor?

Nuwe tendens: Pastel-haarkleur

Deesdae kleur al hoe meer bekendes hul hare ’n pastelkleur. Ons voorspel dat dít die haartendens vir die lente en somer gaan wees. Die tendens het die eerste keer sy kop uitgesteek toe Nicole Richie en Kelly Osbourne hul hare pastelpers gekleur het. Nou spog die sangers Rita Ora en Katy Perry ook met vrolike hare in pastelpers en -groen.

Pastelle is nou wárm – lees meer!

As jy nie seker is of pastel-haarkleure by jou gaan pas nie, kan jy begin deur eers net die punte van jou hare in ligte pastelskakerings te kleur, sê Natalie van Heerden, bemarkingsbestuurder van Schwarzkopf. Pastelkleure lyk ook warmer op hare en sal daarom goed pas by ’n sonbruin gelaat.

Die ABC van tuishaarkleur

  • maresa

    moenie vergeet van Lauren Beukes nie!