FOTO: Instagram  kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

Nuwe tendens: Skep kontoere met selfverbruiningsmiddels

Die gewilde grimeertruuk waar kontoere op jou gesig geskep word (contouring) om sekere gelaatstrekke anders te laat lyk, is danksy die werklikheidster Kim Kardashian tans ’n gróót tendens. Nóú is die skoonheidswêreld weer aan die gons oor ’n nuwe manier van kontoere skep … met selfverbruiner!

15 mites oor borskanker

Met dié tegniek, genaamd “tontouring”, word selfverbruiningsprodukte in plaas van verbronser en verligter gebruik om lig- en skadulyne op jou gesig te trek en te skakeer. Dié kontoerlyne kan volgens aanhangers vir so lank as ’n week op jou gesig hou en gee boonop jou vel ’n gesonde somergloed!

Sedert dit die eerste keer deur die skepper van die Ierse selfverbruiningsprodukreeks Cocoa Brown gedemonstreer is, het tontouring byna oornag gewild geword, berig die Daily Mail. As jy die tegniek self wil beproef, kan jy selfverbruiner op jou wangbene, die brug van jou neus en jou voorkop aanwend. Die geheim is om nie te veel selfverbruiner te gebruik nie omdat baie selfverbruiningsformules gewoonlik donkerder word oor tyd.

Hiér demonstreer Wayne Goss, ’n Britse grimeerkunstenaar en vlogger, die tontouring-tegniek


‘Gilmore Girls’ weer op die lug

Nou kan jy werklik sê: “Ek het so wakker geword.”

Sal jy selfverbruiner gebruik om kontoerlyne te skep?

  • JA
  • NEE

DIY: Kontoere vir beste selfie