Screen Shot 2015-09-01 at 10.37.58 AM
Het jy gehoor?

Nuwe ‘trend': Brand jou hare! Ja, met regte vlamme

Die nuutste gier in skoonheidskringe is om jou hare te brand om só van gesplete en dooie punte ontslae te raak, sonder om die lengte te verloor. Die proses staan bekend as kerssnit (‘candle cutting’) of velaterapia, soos dit in Brasilië bekend staan.

Dié metode is oorspronklik van Suid-Amerika afkomstig, waar vroue al vir dekades hul hare skroei om dit gesond te hou.

Volgens Time-tydskrif veroorsaak die vlamme dat die haarskof oopgaan en daarom kan produkte soos opknapper beter absorbeer. Daar word ook beweer dat dié metode jou hare gladder laat voorkom.

Dit is egter nie iets wat jy self by die huis moet probeer nie, laat dit proffesioneel doen deur iemand met baie ondervinding, beveel Teen Vogue aan.

Ricky Gomes, ’n gesogte Amerikaanse haarkapper, het die volgende aan Teen Vogue gesê: “Ek verdeel die hare in segmente, dan draai ek dit tot die los, gebreekte punte gesien kan word. Dan brand ek dit met ’n kers af. Ná die prosedure behandel ek die hare met ’n opknapper wat die hare bevog.” Hy sê die gladde voorkoms sal vir 3 maande hou.

Maar werk dit regtig?

Daar bestaan nie baie navorsing oor kerssnit nie en die dermatoloog Dr. Melissa Piliang het aan Time vertel dat sy dit nie sal aanbeveel nie. “Die beste manier om van gespelete punte ontslae te raak is om dit gereeld te laat knip. Om jou hare te brand is gevaarlik omdat dit vlambaar is.”

Behalwe vir die brandgevaar is die prosedure ook verskriklik duur en neem dit omtrent 3 ure om te voltooi.

Die bekende model Alessandra Ambrosio is ’n voorstander van velaterapia:

A photo posted by @alessandraambrosio on

Sal jy ooit jou hare skroei om van dooie punte ontslae te raak?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Teen Vogue en Time

Lees ook

___________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER