FOTO Instagram (@sarahjessicaparker)

FOTO Instagram (@sarahjessicaparker)

Het jy gehoor?

Nuwe trend: Kontoer jou hare!

Onthou jy nog contouring, die slim-grimeertruuk waar jy met die skep van kontoere gelaatstrekke wat jou pla kan verbeter? Deesdae word ’n soortgelyke tegniek ook op hare gebruik – “hair contouring”!

’n Kombinasie van ligter en donkerder skakerings word noukeurig deur ’n haarstilis op spesifieke dele van die hare rondom jou gesig aangewend, sê Boyd Meilhon, meester-stilis en opleier van die haarsalon-groep Carlton Hair International. Die lig en donker dele skep die illusie van ’n gebalanseerde gesigvorm en kan selfs jou gelaatstrekke meer gedefinieerd laat lyk.

Kyk net watter verskil kan hair contouring aan jou gesigvorm maak:

As jy ’n langwerpige gesigvorm het…

Bekendes soos Sarah Jessica Parker en Jessica Alba het al dié tegniek gebruik om hul langwerpige gesigvorms breër te laat voorkom.

Jou haarstilis sal jou haarwortels donkerder kleur en ligter skakerings rondom jou gesig, by jou ore en by jou haarpunte aanverf sodat dit natuurlik lyk.

Jessica Alba

 

Sarah Jessica Parker

 

As jy ’n ronde of vierkantige gesivorm het…

Om die illusie van ’n langer gesig te skep, sal die haarstilis die onderkant van jou hare donkerder kleur en die boonste hare ligter los, soos die aktrise Kirsten Dunst se haarkleur.

 

As jy ’n hartvormige gesigvorm (skerper ken en breë voorkop) het…

Om jou skerp ken breër te laat lyk en jou voorkop nouer sal die haarstilis ’n ombré-effek in jou hare skep. Die haarpunte is dus ligter, terwyl die haarwortels donkerder is, met ligte dele wat rondom jou haarlyn val. Die supermodel Miranda Kerr is ’n goeie voorbeeld.

 

Bepaal só jou gesigvorm:

Ontwerp: Maresa Pretorius

ONTWERP Maresa Pretorius

Ontwerp : Maresa Pretorius

ONTWERP Maresa Pretorius

Bykomende bron: www.lorealprofessionel.co.uk

Lees nou

Hou op om dié velsorgproduk te vrees

Taylor Swift se nuwe liefde

Kies só ’n sonbril vir jou gesigvorm