FOTO: Instagram (@scunci)

FOTO: Instagram (@scunci)

Het jy gehoor?

Nuwe trend: ’n Tatoeëermerk vir jou hare!

Blomkrone, reënbooghare, ombré, grys… In die skoonheidswêreld is daar byna weekliks ’n nuwe haartendens wat kop uitsteek. Die nuutste gier is glinsterende metaal-tatoeëermerke vir jou kroon. En, soos met die meeste haartendense, het die Amerikaanse werklikheidster Kylie Jenner reeds die voortou geneem.

Somer se grootste naelkleur-tendense

Tydelike metaal-tatoeëermerke vir jou lyf is die afgelope jaar baie gewild. Nou het Amerikaanse haarprodukmaatskappy scünci besluit om dié tatoeëermerke ook vir jou hare te verkoop.

Gelukkig is dit maklik om te gebruik. Volgens die Amerikaanse tydskrif Allure kan jy ’n tydelike metaal-tatoeëermerk vir jou lyf ook op jou hare aanwend: Jy plaas die tatoeërmerk op jou hare en vryf vir sowat ’n minuut met ’n klam lappie daaroor. Dit help as jy vooraf jou hare glad stryk. Die tatoeëermerk wend dan makliker aan en dit sal meer sigbaar wees. Jy kan dit verwyder deur jou hare met sjampoe te was.

* ALL EYES ON YOU * #hairtattoos #scunci #ugotthis

A photo posted by Official Instagram of scünci (@scunci) on

Trevor Noah kry noodoperasie – lees meer!

Ons weet wat ons dié naweek gaan probeer…

Sal jy ’n tatoeëermerk op jou hare sit?

  • JA
  • NEE

Vyf interessante feite oor natuurlike grys hare