Het jy gehoor?

Nuwe trend: Suid-Koreaanse skoonheidsprodukte

Elke nou en dan is daar ’n nuwe gier waaroor die skoonheidswêreld gons. Party van dié giere kan die SARIE-span nie genoeg van kry nie, soos die gewilde gryshare-tendens, terwyl ander effens verregaande klink, soos om jou gesplete haarpunte met ’n kersvlam te verwyder. Tans is die skoonheidswêreld gaande oor velsorg- en grimeerprodukte uit Suid-Korea. En met interessante bestanddele en speelse verpakkings is dit nie moeilik om te sien waar dié bekoring met sogenaamde So-Ko-produkte vandaan kom nie …

Die 7 F’s tot ’n fantastiese Feesseisoen…

Het jy geweet?

Die gemiddelde Suid-Koreaanse vrou se velsorgroetine bestaan uit 12 stappe en kan tot 40 minute lank wees, berig die Britse Vogue. Dis dan geen wonder dat skoonheid, naas tegnologie, die land se grootste bedryf is nie.

Hiér is ’n paar Suid-Koreaanse velsorggeheime om self te probeer:

Volgens die Amerikaanse skoonheidsblogger Charlotte Cho hou Suid-Koreaanse vroue daarvan om hul vel soggens en saans twee keer te reinig – eers met ’n reiniger wat ’n oliebasis het en daarna met ’n waterbasis-reiniger. Die olierige reiniger verwyder onder meer grimering en sonskerm van jou gesig, terwyl die reiniger met ’n waterbasis sweet en onsuiwerhede verwyder.

Probeer: Lipidol Cleansing Face Oil (R70, by Clicks) of Dermalogica Precleanse (R570) en Vichy Normaderm Cleansing Mattifying Foam (R185) of Garnier Micellar Cleansing Water (R35)

Suid-Koreane is mal oor gesigmaskers in die vorm van ’n gesiglappie (sheet mask) wat jy tuis kan aanwend, volgens Charlotte. Dié maskers bevat gewoonlik bestanddele soos vitamien E en hialuronsuur wat jy, ná reiniging, vir sowat 20 minute aanwend. Dit bevogtig jou vel intens en sorg vir ’n gesonde gelaat wat stralend en douerig (dewy) lyk.

Probeer: Skin Republic Collagen Infusion Face Mask Sheet (R45) of Sorbet Hydrating Face Mask (R34, by Clicks)

BB-rome kom oorspronklik van Suid-Korea af! Die formules van dié gewilde produkte kombineer velsorg en grimering om jou vel te bevog, bedek én te behandel. Die meeste BB-rome bevat ook ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) en kan jou vogroom deur die dag vervang, afhangend van hoe bevogtigend die BB-room is.

Probeer: Smashbox Camera Ready BB Water SPF 30 (R490) of Dior Diorskin Nude BB Creme Nude Glow Skin-perfecting Beauty Balm SPF 10 – PA + (R1 013)

Voorsmakie van Leandie en Bouwer se trouvideo

Kyk net hoe oulik en interessant lyk dié produkte:

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@sokoglam)

FOTO: Instagram (@tonymolyus)

Ons sal maar moet wag en sien of dié trend ook in SA gaan vlamvat…

FOTO’s: Prins Harry se besige dag in die Kaap