Het jy gehoor?

Stap vir stap – oogomlyner

Mariska gee wenke:

Omlyn jou oë

  • As jy oogomlyner ook onder jou oog wil dra, maak seker die lyn bokant die oog is dikker vir balans.
  • Daar is heelparty formules om mee te eksperimenteer. ’n Jel-formule is dikwels makliker in die begin.
  • Wend omlyner op sy dunste aan in binnehoekies en laat effe dikker loop na buite om oogvorm te beklemtoon.
  • Jy kan ook die lyn effens verby jou oog in ‘n opwaartse rigting trek.  Dit “lig” jou oë en laat jou jonger lyk.
  • ’n Jel of vloeibare formule is reg vir sterk omlynde oë. ’n Potlood is sagter vir die dag.



 
Bring eerstens ’n ivoor- of roomkleurige oogskadu oor jou hele ooglid aan, tot teenaan jou wenkbroue. Dit sal jou oogomlyner laat uitstaan. Begin in die middel van die oog, teenaan die wimpers, en trek die lyn uitwaarts na die hoek van die oog.                                                       
 
Wend nou die oogomlyner van die binneste hoekie af aan tot by jou vorige lyn in die middel van jou  oog. Sorg dat daar nie ’n gaping tussen die  oogomlyner en jou wimpers is nie. Kry ’n bietjie glimmer op jou oë deur ’n roomskadu met jou vinger aan te wend. (Jy kan ook ’n gewone poeier-oogskadu gebruik.)  
   
Eindig met hope maskara om jou oë ten volle tot hul reg te laat kom.