la_mer_logo_300w.jpg
Het jy gehoor?

Ondersteun ons oseane

Vir die viering van Wêreld-Oseanedag op 8 Junie het die velsorghuis La Mer onlangs die beperkte weergawe van hul ikoniese room, Crème de la Mer, bekend gestel.

Dié velsorghuis is al die afgelope nege jaar by Wêreld-Oseanedag betrokke en stel elke jaar ’n spesiale weergawe van dié room bekend, waarvan ’n gedeelte van die verkope aan ’n organisasie geskenk word wat help om bewustheid oor ons oseane te skep. Volgens ’n persverklaring het hulle tot dusver al sowat R20 miljoen geskenk en vanjaar ondersteun hulle die National Geographic Society.

La Mer het nog altyd ’n nou band met die see. Die skepper van dié velsorghuis, dr. Max Huber, het geglo in die hernuwingsvoordele van seewier (kelp) en dit in sy heel eerste produk gebruik. Vandag bevat elke La Mer-produk seewier.

Wenke vir ’n basiese velsorgroetine

Kyk uit vir vanjaar se spesiale turkoois-en-wit verpakking van Crème de la Mer (R3 990 vir 100 ml), wat tot einde Junie by uitsoekwinkels van Edgars beskikbaar is.

Vanjaar se beperkte weergawe Crème de la Mer verpakking.

Só lyk die verpakking van die beperkte weergawe van Crème de la Mer vanjaar.

Het jy geweet?

Die seewier wat in La Mer-produkte gebruik word, word aan die Kanadese kus met die hand geoes. Net  die boonste blare word gepluk sodat die ekostelsel nie versteur word nie.

Gebruik dié ekstras saam met jou basiese velsorgroetine