Het jy gehoor?

Ondeunde geure

Diesel Fuel for Life Unlimited (R480 vir 30 ml EDP) is ‘n parfuum met ʼn astrante houding – byna soos ʼn eggo vanuit die 1920’s – ‘n era waartydens vroue bevryding ervaar het. In hierdie tyd het vroue begin om saam uit te gaan met net een doel voor oë: om pret te hê!

Dié geur verlei met note van jasmyn, mandaryn en kaneel.  

Hier is die nuwe – baie sexy – advertensie. (As jy sukkel om die video hier te sien, klik hier om direk na YouTube te gaan)