Christina Courtin-Clarins en Leigh Bristow, 2015-wenner van Clarins/SARIE se Most Dynamic Women of the Year-toekennings 
FOTO: Phyllis Green

Christina Courtin-Clarins en Leigh Bristow, 2015-wenner van Clarins/SARIE se Most Dynamic Women of the Year-toekennings FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Ontmoet 2015 se Clarins/SARIE Most Dynamic Woman

Die skoonheidshuis Clarins het gisteraand tydens ’n spoggeleentheid Leigh Bristow van Louis Trichardt as 2015 se Clarins/SARIE Most Dynamic Woman of the Year aangewys vir die hulp wat sy met haar Sumbandila-beurstrust aan leerders uit landelike gebiede in haar omgewing bied.

Vandag is internasionale Wortelkoek-dag!

Christian Courtin-Clarins, voorsitter van Clarins se toesighoudende raad en seun van die stigter van die Franse skoonheidshuis, Jacques Courtin-Clarins, het spesiaal die geleentheid in Johannesburg bygewoon om die toekenning aan Leigh te oorhandig.

Kyk na foto’s van die spoggeleentheid HIER.

FOTO: Phyllis Green

Christian Courtin-Clarins en Leigh Bristow, 2015-wenner van Clarins/SARIE se Most Dynamic Women of the Year-toekennings FOTO: Phyllis Green

Die Sumbandila-beurstrust bied aan belowende leerders ’n studiebeurs en mentorskap-program met die doel om entrepreneurs en leiers te kweek wat eendag betekenisvolle bydraes tot hul eie gemeenskappe en Afrika kan lewer. Sumbandila het sedert sy stigting al hulp verleen aan 222 skoolgaande kinders, in die vorm van volledige akademiese beurse, mentorskap en naweek- en vakansieprogramme by Ridgeway College, ’n multikulturele gemengde laer-en-hoërskool in Louis Trichardt waarvan Leigh ’n medestigter is.

FOTO: Phyllis Green

Leigh se man, Gavin Bristow, Christian Courtin-Clarins, Leigh en Jenna Courtin-Clarins, dogter van Clarins se besturende direkteur, Olivier Courtin-Clarins FOTO: Phyllis Green

10 Haarstyl-idees wat nét 5 minute sal neem

Clarins se Most Dynamic Woman of the Year-toekennings vereer die afgelope 16 jaar vroue wêreldwyd wat passievol werk aan ’n beter lewe vir ons wêreld se minder bevoorregte kinders, ook in SA. Die gewilde Clarins Eau Dynamisante-geur (R505 vir 100 ml) is sedert die begin sinoniem met dié wedstryd en dien as ’n simbool van lewenskragtigheid en vrygewigheid – die ster-eienskappe van ’n dinamiese vrou.

Clarins Eau Dynamisante

Clarins Eau Dynamisante

*Lees meer oor Leigh se storie in SARIE se Maart-uitgawe wat vanaf 15 Februarie te koop is.

Kyk na foto’s van die spoggeleentheid HIER.