FOTO: Instagram (@adrianalima)

FOTO: Instagram (@adrianalima)

Het jy gehoor?

Ontwerper vier ikoniese handsakvorm met nuwe parfuum

Die Amerikaanse modeontwerper Marc Jacobs is onder meer bekend vir sy slangvel-motiewe, goue detail en ikoniese vierkantige handsakvorms. Nou is dié kenmerkende ontwerpstyl ook die inspirasie agter sy nuutste parfuum, Marc Jacobs Decadence, wat binnekort in SA bekend gestel word.

Kan jou skoonheidsroetine jou liefdeslewe opkikker? – lees meer hiér!

Volgens Marc Jacobs is dié luukse houtgeur die toppunt van glans en sofistikasie en bevat dit topnote van Italiaanse pruim, saffraan en iris, ’n sensuele hart van roos en jasmyn en ’n warm ná-geur van amber en kuskusgras. Maar die unieke parfuumbottel is die groot ster. Die vierkantige smaraggroen bottel spog met ’n eksotiese slangvel-doppie (wat ’n handsak voorstel), goue ketting-detail en selfs ’n gelukbringer-tossel.

Dié handsak is die inspirasie agter die Marc Jacobs Decadence-geur FOTO: Verskaf

Dié handsak is die inspirasie agter die Marc Jacobs Decadence-geur
FOTO: Verskaf

Om alles te kroon is die supermodel Adriana Lima die gesig van die geur se advertensieveldtog.

Thank you @marcjacobs @themarcjacobs #StevenMeisel @kegrand @carlynecerfdedudzeele I love it!!! #MJDecadence

A photo posted by Adriana Lima (@adrianalima) on

Kyk hiér na die smeulende advertensie-video:

8 feite oor handewas en higiëne

Marc Jacobs Decadence (R1 225 vir 50 ml EDP) is van middel November in SA beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars en Red Square.

MJ-Decadence-EDP-50ml-Bottle-LR (1)

Marc Jacobs Decadence (R1 225 vir 50 ml EDP)

 Het jy geweet?

Aanhangers kan op die Marc Jacobs Decadence-geur se webblad hul gunsteling-foto’s opkikker met ’n spesiale Marc Jacobs-aanhaling en foto-filter. Ons het selfs een vir SARIE gemaak!

FOTO: Instagram (@sarietydskrif)

FOTO: Instagram (@sarietydskrif)

Dié maatskappye skep bewustheid vir borskanker