rz_310w_310w
Het jy gehoor?

Op jou mooiste: Top-5 gunsteling-produkte

  1. Ek het besluit om ’n olie-reiniger te probeer nadat ek meer as een keer gehoor het hoe goed dit werk. Nou kan ek nie my lewe sonder dit voorstel nie! Ek kan nie glo hoe doeltreffend dit grimering verwyder nie. Een van my vriendinne wat ook van ’n olie-reiniger hou, beskryf dit die beste: Dit is asof die grimering van jou gesig afval wanneer jy dit gebruik, sê sy. Dermalogica Precleanse (R405) is een van my gunstelinge.

  2. Ek het my lam geskrik toe ek hoor dis nie net UVA-strale wat veroudering veroorsaak nie maar ook infrarooi-strale (wat uitgestraal word deur byvoorbeeld jou haardroër en rekenaarskerm). Antioksidante help om jou vel hierteen te beskerm. SkinCeuticals C E Ferulic (R1790) bevat kragtige antioksidante soos vitamien C en E. Jy drup ’n paar druppels op jou gesig en vryf dit in voordat jy jou serum of vogroom aanwend. My vel voel heerlik bevogtig nadat ek dit gebruik het.

  3. Clinique Chubby Stick Shadow Tint for Eyes (R215) maak dit supermaklik om oogskadu aan te wend. Dié romerige formule gly maklik aan. Omdat dit ’n groot potlood is wat jy oor jou ooglid smeer, het jy nie ’n grimeerkwas nodig nie.

    Chubby Stick for eyes

  4. Een ding wat ek nog glad nie onder die knie kon kry nie is om ’n mooi swart lyntjie met op die boonste deel van my ooglid te skep nie. Ek het dit probeer doen met ’n jel-, potlood- én vloeibare omlyner. Gelukkig het ek ook ’n omlyner met ’n viltpunt (YSL Shocking Eyeliner (R410), probeer. Dit is die maklikste wat ek nog oogomlyner aangewend het, met die minste foute. Probeer ook NYX Super Skinny Eye Marker (R130)

  1. Ek voel ongemaklik wanneer ek ’n onderlaag dra wat swaar voel op my vel. Garnier Miracle Skin Perfector Daily All In One B.B. Cream (R85) bied veerligte bedekking en sorg dat alles wat verbloem moet word verbloem word.

“Dié is ‘n paar van my moet-hê-produkte waarsonder ek moeilik sal klaarkom…” – Charis Labuschagne, skoonheidsredakteur van SARIE

*Lees hoe olie in skoonheid ingespan word in SARIE se Julie-uitgawe (vanaf 17 Junie op die rak).