Het jy gehoor?

Opwindende nuwe haarreekse in SA

Twee splinternuwe haarreekse, Inoar Professional en label.m Professional Haircare, is reeds vanjaar in SA bekend gestel, terwyl ’n derde een, Kevin Murphy, in September op pad is. Ons dink dis genoeg rede om opgewonde te raak vir die warmer maande wat kom!

Kevin.Murphy

Die Australiese haarstilis Kevin Murphy het dié gelyknamige haarsorgreeks ontwikkel ná hy agtergekom het daar is ’n tekort aan stileringsprodukte wat hare goed en lank in plek hou. Die unieke formules in die Kevin Murphy-haarsorgreeks is gegrond op velsorg-tegnologie en bevat natuurlike bestanddele soos vitamiene, aminosure, antioksidante en essensiële olies. Só hou jy jou hare gesond en gevoed sonder dat jy massas stileringsmiddels hoef te gebruik. Boonop is dié haarstilis ook baie omgewingsbewus. Die reeks word verpak in unieke vierkantige bottels wat tot 40% minder plastiek gebruik as ander bottels wat dieselfde hoeveelheid sjampoe bevat.

Die Kevin Murphy-haarreeks is vanaf September by uitsoeksalonne beskikbaar.

Probeer: Kevin Murphy Angel Wash Shampoo (R350), Kevin Murphy Hydrate-Me Rinse (R350) of Kevin Murphy Born Again Essential Treatment (R550)

5 Stappe vir mooier hare – lees meer!

label.m Professional Haircare

Hoewel dié Britse haarreeks volgende jaar hul tiende bestaansjaar vier, het dit pas in SA geland. Die label.m-haarreeks het ’n speelse en moderne aanslag en beskou kreatiwiteit en individualiteit as hul missie wanneer dit kom by haarstilering. Die reeks spog met ses unieke haarsorg-formules wat onder meer gesonde haargroei, hoëdefinisie-krulle en hare wat jonger lyk bevorder. Daarby is unieke stileringsprodukte soos poeierpienk haarsproei, haarpoeier wat volume skep en ’n “verbloemer” vir gesplete punte.

label.m is beskikbaar by Splush-winkels in Durban en Johannesburg en by uitsoeksalonne.

label.m se Complete-Haarreeks

label.m se Complete-Haarreeks

Probeer: label.m Resurrection Style Dust (R410 vir 3g), label.m Thickening Cream (R350) of label.m Sea Salt Spray (R265)

Die Gary Rom-blog: Inspirasie vir kort hare

Inoar Professional

Ná jare se eksperimentering met formules, prosesse en haarbehandelings wat haar natuurlike krulhare kon reguit maak terwyl dit ook aan haar hare natuurlike beweging sal gee, is die Inoar-haarreeks deur die Brasiliaanse skoonheidsterapeut Inocência Manoel ontwikkel. Dié reeks gebruik bestanddele soos keratien, appelsuur en arganolie om krulhare te tem en glansend en gesond te laat lyk. Inoar se arganolie-tuissorgreeks bevat 9% suiwer arganolie wat sorg vir intense bevogtiging en hare wat jonger lyk en fluweelsag voel.

Die Inoar-haarreeks is beskikbaar by uitsoeksalonne.

Die Inoar Argan Oil Aftercare-reeks

Die Inoar Argan Oil Aftercare-reeks

Probeer: Inoar Argan Finishing Oil (R434 vir 60ml), Inoar Argan Oil Deep Conditioning Mask (R434), Inoar BB Cream Hair Mask (R490)

Kry só maklike lente-hare