Het jy gehoor?

Bekende SARIE-gesig in Justine-veldtog

Dié veldtog vier Justine se 40 jaar in die industrie met vier vroue in wie se lewens hul produkte ’n ware verskil gemaak het. Annamie se 10 jaar getroue ondersteuning is beloon toe sy saam met drie ander vroue – Tshifhiwa Mahada, Thabisa Mfikili en Jeanette Spencer – vir twee dae in Mei na Sandton genooi is.

Ná ’n besoek aan ’n haarkapper is hulle na die Michelangelo Hotel om manikure en pedikure te kry. Die volgende dag het ’n stileerder vir elke vrou spesiale uitrusting gekies vir ’n foto-sessie met hul nuwe haarstyle en grimering. Dié foto’s verskyn in die nuutste Justine brosjure:

Gaan kyk na Annamie se inskrywing vir die 2012 Voorbladgesig-kompetisie!

“Dit was lekker om bietjie ’n ander Annamie te sien,” sê sy. Haar hare is korter en ligter gemaak en haar grimering was swaarder as wat sy dit gewoonlik dra. Die pienk lipstiffie wat Justine gekies het, is ook iets wat sy nie gewoonlik dra nie.

“Wanneer ek skoonheidsprodukte koop, soek ek iets bekostigbaar wat gaan werk,” sê Annamie.

Annamie se gunsteling Justine-produkte:

–          Tissue Oil Body Butter (R195)

–          Tissue Oil Nourishing Body Wash (R140)

–          Tissue Oil Lip Therapy (R115) – “dis soos ’n buisie magic in my handsak!”