Het jy gehoor?

Susters wen met unieke lyfsorgprodukte

Die mede-eienaars van Oh-lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van die Think Big – Building Business Champions-realiteitsreeks wat deur Standard Bank en SABC 3 aangebied is. Met hul innoverende organiese produkte het susters Christine Buchanan en Louiza Rademan ’n wenprys van R1 miljoen losgeslaan om hul produkreeks, wat nou ook internasionaal versprei word, uit te brei.

Lees verder
Het jy gehoor?

Bekende handelsmerk maak deure oop in SA

Die bekende onderklere-handelsmerk Victoria’s Secret gaan binnekort hul deure in SA oopmaak! Die splinternuwe Victoria’s Secret Beauty & Accessories-winkel sal in November in Sandton City, Johannesburg, oopmaak waar dié sensuele handelsnaam se gewildste skoonheidsprodukte en bykomstighede soos handsakke, leerprodukte, sonbrille en natuurlik ’n reeks luukse-onderklere beskikbaar sal wees.

Lees verder