Het jy gehoor?

Parfuum, die onvergeetlike geskenk

My eerste herinnering aan geur was toe ek op my ouma se skoot gesit en haar Youth-Dew geruik het. Wanneer ek ook al dié parfuum ruik, voel ek daardie bekende warmte, liefde en geluk. Ek word teruggeneem in tyd na daardie 7-jarige meisie.

Parfuum behoort iets van jou op ’n bepaalde oomblik te sê. Dit moet definieer hoe jy dán voel. Ek dra graag op ’n warm somerdag ’n vars, sitrusgeur en dan weer op ’n koue winterdag ’n houterige speserygeur.

Vroue kies parfuum vandag anders as 20 jaar gelede. Hulle soek selde één parfuum om hulself mee te definieer – die neiging is om 3 tot 5 parfuums in jou badkamer te hê waaruit jy kan kies. Dit word jou ‘geur-klerekas’ genoem.

My bui bepaal of ek klassieke parfuum gaan dra of met iets nuuts gaan eksperimenteer. Soms geniet ek dit om nostalgies te wees en iets bekends te dra. Ander kere hou ek van die onverwagse genot wanneer ek ’n nuwe geur ontdek, soos met Pleasures Delight. Daar is iets vars en onverwags aan dié geur.

Om geur te kies is makliker as wat ons dink. Reuk is ons kragtigste sintuig. Dit skep emosionele konneksies met jou verlede en druk uit wat jy hoop die toekoms kan wees. Jy weet gewoonlik dadelik of jy met ’n geur identifiseer of nie.”

  • Amy

    Ek kan ook nooit net een bottel parfuum in my kas he nie. Dit wat ek op die dag dra hang af van my bui, die geleentheid en ook die seisoen. Vandag dra ek Lady Million van Paco Rabanne

  • Ralie

    O genade, ek is MAL oor parfuum…… Kry nie genoeg daarvan nie. Vandag het ek Estee Lauder Pleasures aan, een van my gunstelinge. Ek is ook totaal versot op Elizabeth Arden se reeks, het omtrent elke geur….. My bui bepaal ook wat ek die dag sal aansit.
    Dit is so ‘n plesier om vrou te wees, daar is nie ‘n groter kompliment vir my as my man vir my sê ek ruik lekker nie…..

  • Marlene Eckard

    Op die oomblik hou ek van Dior Addict maar so nou en dan sit ek ook my old faithful Arpege van Lanvin aan .

  • ‘Alet Erasmus

    Ek gebruik al vir jare TABU en dit ruik steeds lekker en ek kry gereeld komplimente! Was altyd baie lief vir Este Lauder se Youthdew.

  • Petro Doman

    Elke jaar om en by Nov bederf ek myself met ‘n paar "mini" parfuums. So kan ek elke dag ‘n ander geur om my vou. My bui bepaal my kleur en geur vir die dag!