filming
Het jy gehoor?

Parfuum wat die wêreld mooier maak

“Om mooi te voel begin op ‘n jong ouderdom. Toe ons klein was, het ons ons ma dopgehou terwyl sy reggemaak het om uit te gaan. Sy het ons geleer hoe om mooi te vóél. Ons wou daardie emosionele verbintenis met ‘n geur vasvang in ons nuwe parfuum,” verduidelik Geri Archer, adjunk-president van wêreldwye bemarking van parfuum by Elizabeth Arden.

Toe skep hulle Elizabeth Arden Pretty (R295 vir 30 ml EDP) – ‘n geur wat herinner aan die begin van lente.

Wat hierdie blommegeur uniek maak, is die molekule petalia, wat vir die eerste keer in ‘n parfuum gebruik is: “Dit gee jou die kans om jou eie stempel op die geur agter te laat, jou eie indruk te skep,” sê Claude Dir, Pretty se parfumeur.

Kyk na die inspirerende video en kuier saam met ons agter die skerms toe dié advertensie gemaak is.