FOTO: Instagram (@fossil)

FOTO: Instagram (@fossil)

Het jy gehoor?

Parfuums van bekende handelsnaam nou in SA

Die bekende handelsnaam Fossil het pas sy eerste parfuums vir hom en haar in Suid-Afrika bekend gestel. En dié nuwe geure is die perfekte pasmaats vir herfs!

Die Fossil 1954-parfuums is verlede jaar internasionaal bekend gestel ter viering van dié handelsnaam se 30ste bestaansjaar. “Die nuwe Fossil 1954-geure verteenwoordig dít waarvoor Fossil staan: egtheid, vernuf en oneindige toewyding aan handgemaakte ontwerpe,” het Fossil in ’n persverklaring oor die nuwe parfuums gesê.

Some collect stamps, others accessories.

A photo posted by fossil (@fossil) on

Justin Timberlake se eersteling gebore!

Fossil 1954 For Women bevat note van nartjiebloeisel, pienkpeper, gemmer en sederhout wat die parfuum ’n unieke mengsel van vars en warm speserygeure gee. Fossil 1954 For Men herinner aan jou gunsteling-leerbaadjie met note van sandelhout, kardemom en vanielje. Albei parfuums is getooi in bottels wat herinner aan die ikoniese alkoholkraffies wat veral tydens die 1950’s en 60’s gebruik is.

@Justinliv turning our new #Fossil1954 men’s fragrance into a piece of art.

A photo posted by fossil (@fossil) on

Kyk hoe lyk Candice Swanepoel as Marilyn Monroe in nuwe advertensieveldtog

Fossil 1954 For Women (EDP) en Fossil 1954 For Men (EDC) is beskikbaar by uitsoekwinkels van Fossil teen R899 vir 50 ml elk.

7 Wenke om jou te help om ‘Mooi’ te kies