FOTO: Nathaniel Goldberg for Christian Dior Parfums

FOTO: Nathaniel Goldberg for Christian Dior Parfums

Het jy gehoor?

Pas gehoor: Johnny Depp gesig van nuwe parfuum

Die bekende mode-en-skoonheidshuis Dior het skaars ’n paar ure gelede aangekondig dat die sexy veteraan-akteur Johnny Depp die gesig van ’n nuwe Dior-mansparfuum is! En ons kan nie meer opgewonde oor dié aankondiging wees nie.

Video: Kan mans geboortepyne hanteer?

Die 51-jarige akteur sal later vanjaar te sien wees in ’n advertensieveldtog vir ’n splinternuwe mansgeur waaroor daar nog min verklap is, selfs nie die naam nie! Dit is die eerste keer dat die 51-jarige Into the Woods-akteur die gesig van ’n mansparfuum is.

Johnny is bekend vir sy diverse en eksentrieke rolle in flieks soos Pirates of the Caribbean, Charlie and the Chocolate Factory, Edward Scissorhands en Mortdecai. Dis ook een van die redes hoekom Dior hom as hul nuwe gesig gekies het.

Turkoois oogomlyner is dié nuwe skoonheidstrend!

“Vir drie generasies van kykers is Johnny Depp ’n unieke Hollywood-ikoon wat enige rol kan speel, van wonderlike fantasie-figure tot die mees realistiese karakters,” sê die mode-en-skoonheidshuis op www.dior.com.

Met dié opwindende aankondiging volg Johnny in die voetspore van die akteur Robert Pattinson wat tans die gesig van die parfuum Dior Homme is.

Video: Caitlyn Jenner oor haar transformasie – lees meer!