FOTO: © Alexi Lubomirski vir Lancôme

FOTO: © Alexi Lubomirski vir Lancôme

Het jy gehoor?

PAS GEHOOR! Lupita Nyong’o is die nuwe gesig vir skoonheidshuis Lancôme

Die skoonheidshuis Lancôme het pas aangekondig dat Oscar-wenner Lupita Nyong’o, van 12 Years a Slave-faam, hul nuutste ambassadeur is.

FOTO: © Alexi Lubomirski vir Lancôme

FOTO: © Alexi Lubomirski vir Lancôme

Lupita is vanjaar die it-girl van Hollywood en het modekenners én haar aanhangers beïndruk met haar styl op die rooi tapyt.

Sy was nie net ’n styl-ikoon by al vanjaar se Hollywood-toekennings-geleenthede nie, maar het ook van die groot toekennings gewen vir haar heel eerste filmrol. Sy het die slaaf, Patsey, in die fliek, 12 Years a Slave gespeel (dié fliek is as Beste Rolprent by vanjaar se Oscars aangewys).

Lupita se ander toekennings:

  • Beste aktrise in ’n ondersteunende rol – Academy Awards
  • Uitstaande uitvoering deur ’n aktrise in n ondersteunende rol – Screen Actors Guild Awards
  • Nuwe Hollywood-toekenning – 2013 Hollywood Film Awards
  • Sy is ook genomineer vir n BAFTA- én Golden Globe-toekenning

Kyk hier na ’n video van haar toespraak ná sy die Oscar gewen het:

Het jy geweet?
Lupita is die vierde Lancôme-ambassadeur wat al n Oscar gewen het! Die ander is Julia Roberts, Kate Winslet en Penélope Cruz.

Dié aktrise is in Mexiko gebore, maar haar ouers is albei oorspronklik van Kenia. Toe Lupita 4 jaar oud was, het haar gesin teruggekeer na Kenia, maar sy het op die ouderdom van 16 weer in Mexiko gaan bly om Spaans te leer. Sy klassifiseer haarself as n Mexikaanse Keniaan.

Lupita het onlangs by n geleentheid van die Amerikaanse tydskrif Essence n toespraak gelewer oor skoonheid. KYK DIT HIER.

Die internasionale algemene bestuurder van Lancôme, Francoise Lehmann, verduidelik in n persverklaring dat Lupita se talent, haar trotsheid op haar Afrika-wortels en oopkop besluite met betrekking tot haar loopbaan van die redes is hoekom sy gekies is as hul nuutste ambassadeur. Sy noem ook haar skoonheid, intelligensie en krag.

Kyk hier na ’n video met Lupita oor haar nuwe rol as Lancôme-ambassadeur: