FOTO: Instagram (@marcbeauty)

FOTO: Instagram (@marcbeauty)

Het jy gehoor?

Prinses Charlotte het nou haar eie lipstiffie-skakering!

Sy is maar net 9 maande oud en het reeds ’n lipstiffiekleur wat na haar genoem is! Die bekende ontwerper Marc Jacobs het verlede week onthul die nuutste kleur in sy Le Marc Lip Crème-lipstiffiereeks heet Charlotte, net soos die jongste lid van die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en sy vrou Kate, se koninklike gesin.

Rolene Strauss se koetsdrywer gesels

Die rooskleurige skakering is geïnspireer deur die klein prinsessie se sagte pienk gelaat en is eksklusief by die Britse afdelingswinkel Harrods in Londen te kry, berig Hello!.

Kate deel foto’s van prinses Charlotte

Dié onthulling volg net ’n paar maande nadat die mode- en skoonheidshuis Dolce & Gabbana die veteraan-aktrise Sophia Loren op 80-jarige ouderdom met haar eie bessiepienk lipstiffie vereer het. Danksy skoonheidshuis Estée Lauder het die supermodel Kendall Jenner ook verlede jaar vir ’n beperkte tyd met ’n helder-oranje skakering met haar naam op gespog.

Probeer dié lipstiffies en lipglanse wat soortgelyk is aan die Charlotte-skakering:

  1. Clarins Rouge Eclat Satin Finish Age-Defying Lipstick in Pink Cherry (R300)
  2. REVLON Super Lustrous Lipstick in Soft Silver Rose (R155)
  3. Rimmel Apocalips Lip Lacquer in Aurora (R35)
  4. Max Factor Color Elixir Lipstick in English Rose (R104). By Clicks
  5. Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Lipstick in Powerful (R345)

Bronne: Hello!, Daily Mail

Derek Zoolander se geheime vir ‘belaglik-mooi’-wees