FOTO: Instagram (@bcacampaign)

Het jy gehoor?

Produkte vir Borskanker-bewustheid-maand

Oktober is Borskankerbewustheid-maand! Die bekende pienk strikkie wat met dié veldtog geassosieer word is al sedert 1992 die universele simbool vir bewusmaking oor borskanker. Dra jou pienk strikkie met trots en doen jou deel vir borskanker met dié produkte:

 

1. Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II (R890): Dié gevorderde herstelserum spog in Oktober met ’n pienkstrik-sleutelhouer en gelukbringer. Inkomste uit verkope word geskenk aan Look Good Feel Better, ’n organisasie wat skoonheidsraad en werksessies aan borskanker-lyers bied.

estee lauder serum borskanker

Estée Lauder Advanced Night Repair Synchronized Recovery Complex II (R890)

2. Carolina Herrera CH Pink Wish (R1 285 vir 100 ml EDT): Die mode- en skoonheidshuis het in Oktober dié beperkte parfuum vir Borskankerbewustheid-maand beskikbaar gestel. ’n Gedeelte van die plaaslike verkope van die geur, asook ander Carolina Herrera-geure soos CH L’Eau en CH EDP Sublime, sal aan die Breast Health Foundation geskenk word. Beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars, Red Square, Stuttafords en Luminance.

CH_Pink_Wish carolina herrera pink wish ch

Carolina Herrera CH Pink Wish (R1 285 vir 100 ml EDT)

Lees meer oor Carolina Herrera se betrokkenheid by borskankerbewustheid

3. Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion+ (R470): Clinique stel jaarliks ’n beperkte bottel van dié gewilde vogroom vir borskankerbewustheid bekend. Vanjaar is die bottel met vier gelukbringers getooi waarvan die pienk strik een is. ’n Gedeelte van die inkomste uit verkope word ook aan Look Good Feel Good geskenk.

clinique borskanker

Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion+ (R470)

4. ghd V Coral Styler (R2 380): Dié beperkte haaryster, met skakerings van helderpienk, oranje en geel, is perfek vir die lente. Boonop word daar vir elke haaryster wat verkoop word R100 aan CANSA geskenk. Beskikbaar tot 31 Oktober 2014 by uitsoeksalonne.

BOP Coral Styler Landscape RGB

ghd V Coral Styler (R2 380)

Maak ’n strik uit jou hare – lees meer!

5. Great Lengths Pink Hair Extension (R100): Great Lenghts is bekend vir hul haarverlengings van gehalte. Dié maand moedig die handelsnaam vroue aan om, saam met bekendes soos Melinda Bam en Karlien van Jaarsveld, ’n pienk haarverlengingstuk in hul hare te dra. Inkomste uit verkope word aan CANSA geskenk. Beskikbaar by uitsoeksalonne landswyd.

FOTO: Kate Moss wys meer as net lyf vir borskanker