FOTO:  kimkardashian

FOTO: kimkardashian

Het jy gehoor?

Raai wat? Kim Kardashian was haar hare een keer in 4 dae

Hoe gereeld was jy jou hare? Baie haarkenners en stileerders glo dat dit nie noodwendig goed is om jou hare elke dag te was nie. Die realiteitster Kim Kardashian het in ’n onderhoud met die Amerikaanse skoonheidsblog Into The Gloss onthul dat sy dikwels tot vyf dae gaan sonder om haar hare te was. Dít wil gedoen wees!

NUUT! SARIE maak Sondagmiddagetes maklik met #SARIESondag

Die 35-jarige Kim het tydens die onderhoud vertel hoe sy gewoonlik begin deur haar lang swart hare te was en uit te blaas. Die volgende dag gee sy dit ekstra tekstuur en volume en op die derde dag hou sy daarvan om dit glad te stryk. Op die vierde dag sal sy dan haar hare in ’n elegante gladde poniestert stileer, waarna sy op dag vyf eers weer haar hare was.

Kim erken dat haar roetine dalk ’n bietjie waaghalsig is. Maar dit kan voordelig wees vir jou hare as jy dit minder gereeld was. Dit help dat jou hare nie te veel van natuurlike olie gestroop word nie. Jou haarkleur hou ook langer en jou hare bly gesonder omdat jy dit nie heeltyd met hittetoestelle stileer nie.

Koebaai, stres! Eet dit só weg

Lus om sélf Kim se haarsorgroetine te probeer? Volg dié wenke:

Dag 1: Gewas en uitgeblaas

Die geheim om jou uitgeblaasde haarstyl so lank moontlik te laat hou is om nie te veel produkte in jou hare te gebruik nie. Gebruik ’n goeiegehalte-sjampoe en -opknapper en wend net een stileringsproduk aan jou hare voordat jy dit self tuis uitblaas.

Wenk: Om jou uitgeblaasde haarstyl langer te laat hou, slaap met jou hare in ’n los hoë-bolla.

Dag 2: Speel met tekstuur

Wend ’n droë sjampoe aan jou haarwortels om enige sigbare olierigheid te absorbeer. Gebruik dan ’n stileringsproduk soos ’n soutsproei om jou hare ekstra volume en tekstuur te gee. Jy kan selfs jou krultang gebruik om hier en daar los golwe te skep.

 

Dag 3: Stryk dit reguit

Stryk op die derde dag jou hare glad met ’n stileeryster. Enige oortollige olie by jou haarwortels sal help om vog in jou hare in te seël. Wend steeds ’n hittebeskermingsproduk aan vóór jy jou hare stryk en rond die styl af met ’n haarsproei wat glans gee.

 

Dag 4: Probeer ’n elegante opstyl

Dag vier is die perfekte kans om met ’n elegante opstyl te eksperimenteer. Die natuurlike tekstuur van jou hare maak dit nou makliker om style soos ’n stywe poniestert, knoop-bolla of bokser-vlegsels te skep. Probeer ook metaal-haarbykomstighede, knippies en haarbande. Gebruik ’n droë sjampoe om jou haarwortels volume te gee en rond jou haarstyl af met ’n haarsproei wat alles in plek hou.

 

Dag 5: Was, spoel af en herhaal!

Vandag kan jy weer jou hare was en uitblaas. As jy waaghalsig voel, kan jy selfs nóg ’n dag gaan sonder om jou hare te was deur jou hare met ’n haarjel terug te kam en die loopplank se gewilde “wet look”-voorkoms te skep.

Bronne: www.marieclaire.com, www.intothegloss.com

Dilemma: Mense bly karring omdat ons net een kind het

  • http://www.wagtail.co.za Coenraad Middel

    my maggies. Gerto was reg gewees…