Het jy gehoor?

Rachel Weisz sluit aan by die L’Oréal-familie

Dié 40-jarige skoonheid, wat ‘n Oscar gewen het vir haar rol in The Constant Gardener, het bekendheid verwerf vir haar rolle in About a Boy saam met Hugh Grant, My Blueberry Nights, Definitely Maybe en Agora

L’Oréal Paris se wêreldwye president, Cyril Chapuy, meen dat dit haar eienskappe soos deursettingsvermoë en talent is wat haar laat uitstaan: “Vroue kan met haar identifiseer,” glo hy . 

Rachel sluit haar aan by L’Oréal se reeds indrukwekkende lys gesigte, onder wie Diane Kruger, Patrick Dempsey, Andie MacDowell en Beyoncé.