Ralph Lauren Polo Red

Ralph Lauren Polo Red

Het jy gehoor?

Nog ‘n parfuum wen groot by internasionale parfuumtoekennings

Die bekende mode- en parfuumhuis Ralph Lauren se mansparfuum het groot gewen by vanjaar se The Fragrance Foundation Award-seremonie.

Dié parfuumhuis se nuutste mansparfuum, Polo Red, het weggestap met toekennings vir die beste mansparfuum van die jaar in die Prestige kategorie, beste mansparfuum advertensieveldtog van die jaar, asook die verbruikerskeuse-toekenning vir beste mansparfuum.

Dié parfuums het ook gewen!

Polo Red se sukses word toegeskryf aan die parfuum se opwindede geurkombinasies en topverkoperstatus. Dit bevat note soos pomelo, saffraan en rooihout in ’n bloedrooi-parfuumbottel – perfek vir mans wat opwinding en adrenalien najaag.

Ralph Lauren Polo Red

Ralph Lauren Polo Red

Ralph Lauren Polo Red (R919 vir 75ml EDT) is beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars en Stuttafords.

Kyk híér na die Ralph Lauren Polo Red-advertensieveldtog wat gesorg het vir die Best Men’s Media Campaign of the Year-toekenning.

Lees hier vir nog parfuumnuus…