Het jy gehoor?

Rekmerke? Model Chrissy Teigen glo dié R5 550-produk werk!

Die model Chrissy Teigen, wat vyf maande swanger is, het haar geheime wapen teen swangerskap-rekmerke verklap. En dit kos R5 550 per bottel!

Chrissy, wat getroud is met die sanger John Legend, is swanger met hul eersteling. Sy het onlangs aan die tydskrif Allure vertel La Mer The Concentrate, die luukse lyfserum, voorkom rekmerke.

Video: Onweerstaanbare Rolo-koekies

’n 50 ml-bottel van dié super-lyfserum, wat ’n baie hoë konsentrasie van La Mer se bekende Miracle Broth bevat, gaan jou R5 550 uit die sak jaag. Chrissy is mal daaroor om The Concentrate oor haar hele lyf te masseer (selfs al neem dit haar glo 25 minute), want, sê sy, dit wérk!

Hello new thighs! You appeared out of nowhere but I am not mad at it!

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Chrissy sê sy het weens ’n familiegeskiedenis reeds ’n hele paar rekmerkies op haar boud en binne-bene. “Ek het geweet ek moet iets daaraan doen vóórdat ek enige merke op my maag begin sien,” het sy aan Allure gesê.

Hiermee stem John Knowlton, oliekenner en konsultant vir die Lipidol-oliereeks, saam. “Dis beter om rekmerke te voorkom as om dit te behandel wanneer dit reeds daar is,” sê hy. Dis veral tieners en swanger vroue wat geneig is om rekmerke te kry, omdat vel baie rek wanneer tieners vinnig groei en soos vroue se swangerskap vorder.

Die belangrikste is om jou vel soepel en elasties te hou om te keer dat die vel skeur en ’n merk vorm, en hiervoor is enige bevogtigende lyfolie perfek. Smeer tydens jou puberteitsjare of swangerskap olie aan die dele waar jy gewoonlik rekmerke sou kry, soos jou maag, boude, heupe en borste.

Ja, jy kán oranje lippe dra – hiér’s wenke!

Gelukkig is daar ’n hele paar bekostigbare lyfolies beskikbaar wat ook goed werk om rekmerke te voorkom…

Bio-Oil (R55 vir 60 ml)

Lipidol After Shower Oil (R80). By Clicks

Nivea Q10 Plus Firming Body Oil (R100)

Clarins Tonic Body Treatment Oil (R500)

La Mer The Concentrate (R5 550 vir 50 ml)

As jy Chrissy se raad wil volg...

Avokado’s peperduur, wat nou?