limebasilmain_1_
Het jy gehoor?

Retro-kerse

David Hicks, Britse binneversierder en ontwerper wat prins Charles se eerste woonstel by Buckingham-paleis versier het, se ontwerpe vir matte en materiale het die retro-tendens van die 1960’s en 1970’s bevat. Nou, 13 jaar ná sy dood, word sy ontwerpe ook op kerse gebruik.

Ashley Hicks, David se seun, het deur sy pa se ontwerpe gesif en drie gekies om die skoonheidshuis Jo Malone se kerse te versier.

Besoek www.jomalone.co.za vir meer besonderhede.